
Geskrewe werk: Afrikaans Bababoekie
Die dryfveer agter my eerste bababoekie, was om persoonlike boekies te bied wat spesiaal gemaak is vir elke kind.
"Waar is Khloe" was vanjaar geskryf en geïllustreër vir 'n liewe vriendin se eersgebore dogter.
​
Khloe se boekie fokus haar mamma/pappa (die leser) se soektog na Khloe. Hulle kom op allerhande diere af wie se name ook met 'n "K" begin. Maar duidelik is elke dier NIE Khloe NIE. Uiteindelik word Khloe gevind met 'n kort rympie wat haar unike karaktereienskappe uitwys. Dus word ook beklemtoon wat haar spesiaal en anders as al die diere maak!

Twee dierbare vriendinne het ook onlangs die vreugde van hulle eerste kinders se geboorte beleef en as sulks het ek vir hulle seuntjies ook elkeen 'n boekie gemaak.
​
Die leser soek in Nathan se boekie ook hoog en laag vir Nathan, maar kom net allerhande diere tee. In hierdie soektog vind die leser net diere wat met elke volgende letter van Nathan se naam begin. Uiteindelik word Nathan wel ook gevind. Die boekie sluit af met 'n aanmoediging om sy naam te spel.

Waar Is (jou kind se naam)?
Kontak my gerus as u belangstel in 'n persoonlike bababoekie vir u eie, of 'n geliefde, se kind.
​
Klem kan gelê word op diere (see, land, insekte), plekke, beroepe, huishoudelike items, en vele meer. Die enigste beperking lê binne die Afrikaanse woordeskat in terme van woorde wat begin met n "c", "q", "x", "y"of 'n "z".
Maar selfs vir daardie letters is daar 'n paar opsies!